Die verkiesing, fopnuus en zero babelas

BULLETIN

Die verkiesing, fopnuus en zero babelas

Nuusbulletin: 23 April 2019

  • 29 April 2019
  • Daagliks
  • 1 min om te lees


Goeiedag,
Hier in die laaste pylvak voor die algemene verkiesing volgende week is dit dalk goed om, saam met die sinisme en skeptisisme, tyd te maak vir ’n skoot dankbaarheid. Ons sesde algemene verkiesing gaan weer volgens alle aanduidings hoofsaaklik vreedsaam wees. Ons verwag dit sal behoorlik georganiseer wees en die uitslag gaan deur almal aanvaar word. Dit kan vandag nie in alle demokrasieë as vanselfsprekend aanvaar word nie.
Drie verskillende maatskappye wat peilings oor die verkiesing gedoen het, het tot heeltemal verskillende gevolgtrekkinge gekom. Wat ons wel weet, is dat die ANC êrens tussen 52% en 61% en die DA tussen 15% en 23% gaan kry. En dit lyk na 'n uitgemaakte saak dat die EFF sterk gaan groei.
Waarnemers meen die verkiesing is ’n referendum oor hoe Suid-Afrika die laaste 25 jaar regeer is. Baie kiesers sal ongetwyfeld dink aan hoe hul sakke geraak is: die petrolprys wat weer op is, kos, pensioene. En dan is daar die onthullings oor staatskaping. Ander sal bangmaakstories glo.  Talle sal geïntimideer voel. Wat interessant gaan wees, is watter rol fopnuus gaan speel.
Gepraat van fopnuus: ons maak reg om die beste ontleding en meningstukke oor die verkiesing te publiseer. Alles gesaghebbend, van ons voorste kenners.
En as die politiek te erg raak, het ons ook die kuur: Vrye Weekblad se lesers geniet ons leefstyl-artikels baie: kos, drank, musiek en kuns. Ons gaan die pas volhou en selfs nog meer bied, veral wat films en boeke betref. As julle nog nie aan ons leefstylstories geproe het nie, kyk onderaan hierdie bulletin vir 'n keur uit die mees onlangse uitgawe.
Môre deel ons weer 'n paar lekker lesersbriewe.
Ons het die afgelope paar weke die tye van hierdie daaglikse bulletin afgewissel - ons wou sien wat julle verkies. Dit lyk in hierdie stadium amper na 'n 50/50 situasie, so laat weet as julle regtig sterk voel oor vroegdag of laatmiddag. Skryf vir ons by redaksie@vryeweekblad.com.
Groetnis tot môre,
Max en die res van die Vrye Weekblad span
INDIEN JY DIT MISGELOOP HET ...'n Paar hoogtepunte uit ons jongste uitgawe

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.