Verkiesing, melktert, daggakafees, jagluiperds en ’n...

BULLETIN

Verkiesing, melktert, daggakafees, jagluiperds en ’n heroïensindikaat-exposé

DAAGLIKS: 9 Mei 2019


Dagsê
In 'n druk en belangrike week vir Suid-Afrika het ons more 'n uitgawe wat jy nie mag misloop nie.
Piet Croucamp ontleed die verkiesing vanuit die OVK-sentrum, en Max du Preez sê dit is tyd dat ons ons kiesstelsel verander.
Jacques Pauw berig eksklusief oor 'n internasionale  dwelmsindikaat wat op Suid-Afrikaanse bodem gemoor en heroïen gesmokkel het.
Soos gewoonlik het ons 'n wye verskeidenheid stories en onderwerpe: van daggakafees in Johannesburg tot Jody Scheckter in Engeland; wat gebeur as 'n land se geld opraak soos in Zimbabwe; 'n wonder-reis na Viëtnam; fietse; melkterte en mogudo; honde en jagluiperds in Botswana; en nog baie meer.
Ons skrywers die week sluit in Anneliese Burgess, Anastasia de Vries, Marita van der Vyver, Adri Kotzé, Anso Thom, Elsabé Brits, Jessica Pitchford, Peta Thornycroft, Henk Serfontein, Pete van Kets en Cas Wepener.
Tot môre om 05:00, wanneer jy die nuutste uitgawe kan lees.
Groetnis
Anneliese en die Vrye Weekblad-span

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.