Middag (of is dit al naand?)
Die span is in die pylvak vir môre se uitgawe.
Hier is wat julle kan verwag:
Jacques Pauw skryf oor Salim Essa – die Guptas se finansiële baasbrein. Wie is die man van wie ons so min hoor, en presies hoe pas hy in die staatskapingslegkaart in? Max du Preez ontleed die verkiesingsuitslae, vertel ons meer oor Thomas Sankara (die EFF se geliefkoosde revolusionêr) en Ina Gouws ontsyfer die Vryheidsfront-Plus na aanleiding van hulle goeie vertoning in die verkiesing.
Erika Gibson vertel die aangrypende verhaal van Suid-Afrika se vergete gyselaars, en gaan kyk sommer dieper na die donker wêreld van mense-vang-vir-geld. Adri Kotzé en Virginia Keppler skryf oor die gemors in Suid-Afrika se onderhoudshowe (vroue word verinneweer!).
Anneliese Burgess analiseer die nuutste statistieke rondom transito-rooftogte, en Yolandi Groenewald probeer agter die kap van die byl kom van die oorlog tussen hoenderboere en die “bose Brasiliane".
Daar is 'n wonderlike essay oor Kagiso Rabada, Suid-Afrika se nuutste krieketgenie, deur Deon Gouws. Ismail Lagardien vra of werkskepping deur die regering enigsins kan werk. Madeleine Barnard skryf oor om 'n libtert te wees, Carsten Rasch oor rock 'n roll, Rayne Stroebel oor oudword, en Leonie Joubert oor die medisinale wondere van “magic mushrooms". Annelize Visser soek huis in Portugal en Michèle Meyer gaan Nampo toe.
En nog baie, baie meer.
Tot môre
Groetnis van ons almal hier by Vrye Weekblad
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.