Mensvet, Elon se ruimte-internet, en hardlopende Hongkongse huishulpe

BULLETIN

Mensvet, Elon se ruimte-internet, en hardlopende Hongkongse huishulpe

Nuusbulletin: 29 MEI 2019


Dagsê
Onthou dat die  kommentaarafdeling op al ons stories nou oop is. Kom neem deel  aan die besprekings; ons hoor graag wat julle te sê het.
Hier is 'n paar interessante stories van oor die hele wêreld vir ons Woensdag-leeslys.
Die winsgewende swartmark vir menslike vet
Tot redelik onlangs was vet so gesog dat dit gesmokkel en opgeberg is vir allerhande doeleindes, waaronder mediese gebruike. Hier is 'n fassinerende storie oor 'n tyd toe dokters, slagters en laksmanne die lof van mense se vet besing het.
>> LEES MEER:
Vroue vaar beter as mans nadat mediese universiteit ophou punte dokter
Daar was woede en konsternasie toe dit verlede jaar aan die lig gekom het dat die Tokio Mediese Universiteit jare lank met toetsuitslae geknoei het om meer mans tot die universiteit toe te laat. Amptenare het gemeen vroue sou nie noodskofte werk wanneer hulle eers getroud is en kinders het nie.
Sedert die gekonkel gestop is, vaar vroue beter as mans.
>> LEES MEER:
SpaceX se satelliet-internetplanne
Elon Musk se SpaceX het 60 Starlink-satelliete die ruimte in gestuur as deel van sy plan om 'n mega-konstellasie te bou wat internet vanuit die ruimte aan biljoene mense op aarde gaan verskaf.
SpaceX wil uiteindelik 12,000 satelliete in die konstellasie hê.
>> LEES MEER:
Huldeblyke stroom in vir invloedryke Keniaanse skrywer
Binyavanga Wainaina (48), wat verlede week oorlede is, sal onthou word vir sy flambojante klere, sjarme en sin vir humor – maar veral vir sy vlymskerp brein en skryftalent.
Hy was die skrywer van die essay How to Write about Africa, wat onder meer dié  advies bevat: “Behandel Afrika asof dit een land is. Dit is warm en stowwerig met wuiwende grasvlaktes en groot troppe diere en lang, maer mense wat sterf van die honger. Of dit is warm en stomend met baie kort mense wat primate eet."
Yinka Adegoke, die redakteur van Quartz Africa, bring hulde aan Binyavanga.
>> LEES MEER:
Huishulpe in Hongkong hardloop hul sorge weg
In Hongkong is daar amper 400,000 huishulpe wat almal van ander lande kom. Hoewel hulle tot die ekonomie bydra, mag hulle nie om permanente verblyf aansoek doen nie en is verplig om in hul werkgewers se huise te slaap (dikwels in badkamers of stoorkamers.)
Al hoe meer huishulpe het aan veldloop begin deelneem – en vir minstens 'n paar uur van sweet en kameraderie vervaag die onderskeid tussen werkgewers en werkers. 
>> LEES MEER:
Afrika se invloedrykste Eerste Vroue
Die politieke rol, invloed en bedrywighede van die vroue van staatshoofde in Afrika word in 'n nuwe studie ondersoek. 
Veral drie vroue word uitgesonder as besonder invloedryk: Janet Museveni van Uganda, Grace Mugabe van Zimbabwe en Denise Nkurunziza van Burundi.
>> LEES MEER:
Groete tot môre
Die Vrye Weekblad-span

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.