Oor moed verloor, hoekom die armes altyd aftjop, en die ...

BULLETIN

Oor moed verloor, hoekom die armes altyd aftjop, en die VWB-familie

NUUSBULLETIN: 4 Junie 2019

Al weer net die armes wat suffer

My suster is 'n onderwyser. Vandag moes sy vir 'n seun in haar klas sê dat sy pa dood is. By 'n trein uitgestamp ... Ek is so bed@nnerd soos ek hier sit. Wat gaan aan met ons land? Die president sit nou al dae om sy kabinet bekend te maak; intussen gaan mense dood as gevolg van swak regering. Nog 'n gesin wat sonder 'n broodwinner moet klaarkom. Net oor die regering nie eens 'n ding soos 'n trein ordentlik kan laat loop nie. Sit die hele ou spul van die president af vir 'n week lank op die treine dat hulle kan voel hoe dit voel. Daar gaan nie môre 'n berig in 'n koerant oor die sterfte van 'n pa wees nie. So is dit maar net weer die armes wat suffer. – Emmie Bedeker

(Emmie, jy verwoord so goed 'n frustrasie en hartseer wat ek glo baie Suid-Afrikaners voel. Dankie dat jy dit met ons gedeel het. – Red.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X