Ons kort 'n Special Report vir die Zondo-kommissie

BULLETIN

Ons kort 'n Special Report vir die Zondo-kommissie

Nuusbulletin: 01 Julie 2019

  • 01 Julie 2019
  • Daagliks
  • 2 min om te lees

EK en my kollega Anneliese Burgess het saam met 'n klein span in 1996 en 1997 'n reeks dokumentêre oor die Waarheid-en-Versoeningskommissie gemaak wat elke Sondag op die SAUK uitgesaai is – die Special Report on the Truth Commission.

Dit het die week se gebeure by die WVK saamgevat; ons het onderhoude gevoer met mense wat voor die kommissie verskyn het en die gebeure gekontekstualiseer. Die program was baie maande lank die gewildste op televisie – nie omdat ons briljant was nie, maar omdat mense honger was om te weet wat gebeur het.

Die kommissie van ondersoek na staatskaping onder die leiding van regter Raymond Zondo is 'n bietjie van 'n post-apartheid-WVK. Dit is 'n feitefabriek van formaat; 'n eindelose bron van binne-inligting oor hoe baie biljoene rande se staatsgeld gesteel is, mag misbruik is en staatsondernemings vernietig is. Dit verduidelik vir ons hoekom Suid-Afrika vandag in so 'n donker gat is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.