Singende visse, ’n mond propvol tande en allerhande klanke

BULLETIN

Singende visse, ’n mond propvol tande en allerhande klanke

Nuusbulletin 14 AUGUSTUS 2019

  • 14 Augustus 2019
  • Daagliks
  • 3 min om te lees

Dagsê

Ek het 'n storie vir my base Max en Anneliese (wel, alle base, eintlik) gekry om hierdie week  se internasionale leeslys mee af te skop. Dit het alles in oor spertye en hoeveel ure jy werk.

Dan is daar ook stories om ons te herinner dat politici elders ook maar net windbolle is, asook oor merkwaardige diere, en goeie nuus vir mense soos ek, wat áltyd in die middelste sitplek vasgedruk sit op 'n vliegtuig.

Só sink jy jou loopbaan

Doen jy 'n hele spul take op een slag? Werk jy ure en ure? Offer jy jouself op vir jou werk? Klop jy onrealistiese spertye? Dink jy dit gaan alles maak dat die baas meer van jou hou en jou bevorder? Wel, hou dadelik op. Dis die kortpad na 'n loopbaan wat in 'n baie kort doodloopstraat gaan eindig. 

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Mond vol tande

Dokters wat 'n sewejarige kind in Indië vir pyn in sy kakebeen behandel het, het 'n mond vol tande gevind. Altesaam 547 tande, om presies te wees. 

Soos met ander kinders was 'n stuk of 20 tande sigbaar, maar 'n knop so groot soos 'n gholfbal in sy regterwang het 'n sakkie met 526 tande binne-in gehad - soos 'n vet, volgestopte muntbeursie.

Die vorige rekord vir die getal tandagtige uitsteeksels  wat in een mens se mond gevind is, was net 232.

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Hier is die muis baas

'n Navorsingspan lei muise op om onreëlmatighede in spraak te verstaan - 'n taak waarmee diere merkwaardig akkuraat is. Hulle hoop dat dit sal help om vals inligting op byvoorbeeld YouTube of Facebook te identifiseer voordat dit aanlyn versprei word.

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Ons stink geskiedenis

Ons trek nou ons neus op vir reuke van die verlede – of in elk geval die nabootsing van hoe dit moes geruik het – maar 18de-eeuse Engelse stedelinge het waarskynlik nie agtergekom hoe sleg hul omgewing geruik het nie.

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Issie, dissie ekkie

'n Onaardse reuk het 'n hetige debat oor markstalletjies ten tyde van 'n sitting van 'n plaaslike raad in Kenia onderbreek. “Agbare Spreker, een van ons het die lug besoedel en ek weet wie dit is," het een lid gesê. Maar die man wat daarvan beskuldig is dat hy 'n wind(jie) gelaat het, het dit ten sterkste ontken. “Dit is nie ek nie. Ek kan nie so iets voor my kollegas doen nie."

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Kom ons sing almal saam: ‘Under the sea ...’ 

As jy goed luister, kan jy dalk 'n koor van visse in die oseaan hoor. Die meeste van hierdie musiek kom van vis-soliste wat dieselfde klanke oor en oor herhaal, maar soms – wanneer verskillende visse gelyktydig klanke voortbring – vorm hulle 'n viskoor. 

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Sit laer, sit lekkerder in die mirrel, Cyril

'n Derde van vliegtuigpassassiers sit vasgedruk in die middelsitplek. Hulle betaal dieselfde as die gelukkige sot wat met 'n meerderwarige kyk verbyskuif na die venster of haarself in die gangsitplek neerplak, maar moet skouers ingevou, bene vasgeknyp sit. 

Nou het navorsers die middelste sitplek meer spasie gegee deur dit affens laer te maak en agtertoe te skuif. 'n Amerikaanse lugredery gaan die sitplekke teen die einde van die jaar begin gebruik.

>>LEES DIE OORSPRONKLIKE ARTIKEL HIER:

Sneeu-kangaroos

En laastens, 'n storie om die koudste hard warm te maak. 

https://www.news.com.au/technology/environment/kangaroos-frolic-in-the-snow-after-freezing-conditions-blanket-australia-in-powder/news-story/8e310c73029be02507e68da445307238

Tot môre, wanneer Anneliese oudergewoonte 'n voorsmaak gee van ons uitgawe Vrydag. Moet dit nie misloop nie!

Adri Kotzé en die res van die Vrye Weekblad-span

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.