Stille meerderheid moet sê: ‘Genoeg is genoeg – dit is nié...

DRAAIKOLK WORD ÁL WYER

Stille meerderheid moet sê: ‘Genoeg is genoeg – dit is nié wie ons is nie’

Materiële armoede tesame met spirituele armoede is dodelik, het Steve Biko gewaarsku. En dit is hierdie spirituele armoede wat die gebalde vuis vandag ’n aantreklike opsie maak. XOLELA MANGCU skryf dat die retoriek van die EFF jou wel bang moet maak.

  • 30 Augustus 2019
  • Daagliks
  • 5 min om te lees
  • artikel 18 van 32
  • Xolela Mangcu

INDIEN die retoriek van die EFF oor joernaliste, regters en intellektueles jou nie bang maak nie, dan het jy duidelik nie onder die spook van geweld geleef nie. Ek praat nie net van koloniale en apartheidsgeweld nie, maar ook van die slagting wat die swart gemeenskap in die 1980’s uitmekaar geskeur het.

Ek het baie kamerade in daardie dekade verloor. Die moorde het nie net uit die bloute begin nie. Húlle het met skelname begin. Hulle moes eers die “Ander” ontmens – net soos ons buitelanders ontmens as amakwere-kwere, as voorspel om hulle aan te val en dood te maak.

Soos ek al dikwels gesê het, ek sal nooit die dreunsang van ANC-ondersteuners voor Steve Biko se huis een dag vergeet nie: “u-Steve Biko, i- CIA." Lede van die Azanian Student Movement is amaZim-Zim genoem. Ek weet nie wat die oorsprong van die term is nie, maar dit het hulle aanvallers die reg gegee om te moor. Die “amaZim-Zim” weer het die ander kant “amaVarara” genoem, wat ook blykbaar hulle die reg gegee het om te moor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.