Arme Lizzie, Willem se slim wenke, NG Kerk se ‘groen lig’ te...

BULLETIN

Arme Lizzie, Willem se slim wenke, NG Kerk se ‘groen lig’ te laat, en Tito se sagte woord

Nuusbulletin: 15 Oktober 2019

  • 15 Oktober 2019
  • Daagliks
  • 5 min om te lees

GOEIE Dinsdag vanuit Londen,  waar die politiek so wanfunksioneel en absurd is dat die blote noem van die diabolies-ingewikkelde Ierse grenskwessie gespreksgenote laat verdwyn nog voordat jy kan “Brex..." sê.

'n Mens kon nie help om jammer te voel vir koningin Elizabeth, wat gister haar jaarlikse toespraak in die Britse parlement moes doen nie. Ten spyte van die gewone prag en praal was dit 'n treurige en redelik sinlose affêre. Dit word tradisioneel deur die regering vir haar geskryf en is veronderstel om die komende jaar se regeringsplanne en wetsontwerpe uit te stippel. Die toespraak het meer gelyk soos Boris Johnson se Tory- verkiesingsmanifes. Sosiale media wemel van meme waarin die koningin vir Johnson 'n vuil kyk gee. Nugter weet of Johnson gaan oorleef as premier nie. Hy het reeds 'n minderheidsregering wat tot dusver  nie kon hond haaraf maak nie.

Johnson het na berig word tot middernag vanaand om in te stem tot eise van die Europese Unie se hoofonderhandelaar, Michel Barnier, dat die doeanegrens tussen die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie in die Ierse see moet wees. Die EU moet nog instemming van al sy lidlande kry – en die Britse premier moet sy Laerhuis in 'n spesiale sitting Saterdag oortuig – voordat daar sprake kan wees van 'n Brexit-ooreenkoms in 'n deurslaggewende week vir onderhandelinge...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.