Waatlemoenpitbotter, seewier-skietmielies, kerriesjokolade en...

BULLETIN

Waatlemoenpitbotter, seewier-skietmielies, kerriesjokolade en beetroomys

Nuusbulletin: 12 Januarie 2020

  • 12 Januarie 2020
  • Daagliks
  • 3 min om te lees

Goeiemôre!

Kos is een van ons gunsteling-onderwerpe, en veral op ’n Sondag. Verlede jaar het ons in die reeks #VivaSondag gekyk na hoe die tradisionele Sondagmiddagete in dié millennium lyk en proe (soos als van braai (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-09-05-vivasondag-en-s-word-die-kring-van-sondagmiddagete-voltooi/) tot paai (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-09-19-vivasondag-daars-niks-fout-met-n-paai-vir-n-sondagmaal-nie/)); ons het by meer as een geleentheid oor die skuif na ’n plantgebaseerde dieet (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-07-19-veganisme-hoe-om-te-eet-vir-die-planeet/) geskryf, maar ons het ook by die skaapkopgilde (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-08-22-hy-kyk-vir-jou-n-beginnersgids-tot-die-skaapkopgilde/) op Kalmoesfontein gekuier en saam met Errieda du Toit gemmerkoekiefrikkadelle (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-09-05-saam-100-jaar-se-koskultuur-sonder-stroop/) (nogal met bruin uiesoppoeier) gemaak.

Onder die sjefs met wie ons gesels het, was Jan-Hendrik van der Westhuizen (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-04-26-sjef-jan-kom-huis-toe/), Kobus van der Merwe (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-04-05-die-waaghals-van-wolfgat/) en Bertus Basson (https://www.vryeweekblad.com/bulletins/2019-11-24-sjef-bertus-basson-sit-boktrots-op-die-tafel/) – elk ’n kosheld in eie reg – en Nettie Pikeur (https://www.vryeweekblad.com/authors/nettie-pikeur/) en Frederik de Jager (https://www.vryeweekblad.com/authors/frederik-de-jager/) het om die beurt ons koskennis uitgebrei en ons aan nuwe en ou disse bekendgestel. Trouens, as almal wat in Desember op Nettie se dagga-fudge gekliek het, die resep gemaak het, sou dit ’n bepaald vreedsame feestyd afgegee het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.