Die veelseggende onverstoorbaarheid van ’n kleindorpse Facebook-groep

BULLETIN

Die veelseggende onverstoorbaarheid van ’n kleindorpse Facebook-groep

NUUSBULLETIN: 3 JUNIE 2020

  • 02 Junie 2020
  • Daagliks
  • 2 min om te lees

Goeiemôre

As jy uitgekuier is met slegte nuus, lees vanoggend jou Facebook-gemeenskapsgroep se blad. Daar waar niks blykbaar verander het nie, al lees jy elders dat die wêreld nooit weer dieselfde gaan wees nie.

Weet iemand wie se kolliehond dit is? Kyk hoe mooi was die sonsondergang vanaand. Op die blindekol duskant die ghwarrie is ’n fietsryer omgery. Is die stortterrein al oop? Waar kan ek steenkool koop? Die weer raak nou koud, bel so-en-so om jou warm klere te skenk. Het iemand vir my werk? Noudat mense weer met hulle honde mag stap, is daar oral hondepoef in die strate. O hemel, daar’s niks ergers nie. Die luigatte, gee ook niks om vir ander mense nie. Iemand het ’n rooikat in die hoofstraat gewaar. Die sopkombuis het vrywilligers nodig. Wil iemand flesse hê vir konfyt? Is die lisensiekantoor al oop? Daar is dolfyne in die baai. Maak die skole môre oop? Julle mense moet kyk waar julle ry – ’n ystervark en ’n luiperdpadda is gisternag in die boonste pad doodgery. Is julle krag ook af? ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.