DEBATTE oor identiteit in Suid-Afrika is soos die gewone griep: Dit kom en gaan elke nou en dan. Twee goed het my gedagtes die naweek daarheen teruggeneem: die Black Lives Matter-proteste wat steeds voortduur; en 'n onderhoud wat Karima Brown gisteroggend op eNCA met Pallo Jordan en Oscar van Heerden oor Afrikaan-wees gevoer het.
Ek was aangenaam verras toe Karima, 'n stoere ANC-lojalis, vir Pallo aangevat het oor die ANC se ou voorkeur van die frase “blacks in general and Africans in particular”. Dit impliseer tog dat bruin mense, mense van gemengde afkoms en Indiër-Suid-Afrikaners (ai, die raskategorisering bly darem maar ongemaklik) nie egte Afrikane is nie, wat nog te sê ’n wit Afrikaner soos ek.
Dit is nie dat dit bloot ’n ou frase is nie, dit is iets wat die ANC, die EFF en waarskynlik die meeste swart Suid-Afrikaners vandag uitleef: As jy nie van een van die swart etniese groepe, die meestal Nguni- of Sothosprekers is nie, is jy nie ’n ware Afrikaan nie. (Etnoloë van die vorige eeu het na hulle as Bantoesprekendes verwys, mense wat verwant is aan die meeste mense in Suider-Afrika, maar die apartheid-ideoloë het dié benaming vir ewig as rassisties verdoem.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
BULLETIN
Oor Afrikaan-wees, die hiërargie van onderdrukking en swart etniese chauvinisme
NUUSBULLETIN: 22 JUNIE 2020
Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel