Oor die dood, die liefde en die geheime wat stories aanvuur

BULLETIN

Oor die dood, die liefde en die geheime wat stories aanvuur

NUUSBULLETIN: 29 JULIE 2020

Goeiemôre!

Ek het ten spyte van die mooi weer die hele naweek omgelees, sonder om by Ben Lerner se The Topeka School uit te kom wat tans bo-op die stapel op die bedkassie lê maar waarin ek my plek verloor het. Dis die soort boek waar, as mens eers vergeet waar jy laas opgehou het, jy net sowel weer van voor af kan begin.

Kingsley Amis se The Biographer’s Moustache lê ook onaangeraak in die TV-kamer. Dis daar vir ligte vermaak tydens lang advertensie-onderbrekings, maar ek kry toenemend die gevoel dat ek dit al vantevore, en met ewe min vreugde, gelees het. Dis ook die tweede rondte vir Jeffrey Eugenides se Middlesex, wat in my motor saamry noudat mens nie sommer by ’n koffiewinkel indraf as jy te vroeg iewers opdaag nie, maar hy is na my mening ’n skrywer wat mens maar met plesier oor en oor kan lees.  ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.