Saterdag se stories | Ses binne 60 minute

BULLETIN

Saterdag se stories | Ses binne 60 minute

NUUSBULLETIN: 14 NOVEMBER 2020

Goeie Saterdag!

'n Losbandige uitbundigheid het my onverhoeds betrap. Ek het 'n oorweldigende begeerte om soos jare terug oor middagete weg te loop uit die kantoor en die vrees van spertyd saam met kollegavriende weg te fuif by 'n restaurant in Melville. Om op 'n Saterdagoggend by vriende aan te land en tot Sondagoggend te kuier. Om sonder plan die pad te vat.

Maar net meer as 'n week nadat die tweede stel inperkings hier in Engeland begin het – en dit met die donkerte wat nou al net ná vier in die middag oor ons kruip en die vlae reën wat net nie end kry nie – is die uitlaatklep vir hierdie nuutgevonde vreugde nogal beperk. Die hond begin beangs lyk as ek weer die leiband optel om te gaan stap, die tieners verdwyn soos blits as ek die Scrabble uithaal en die wederhelf mompel iets onverstaanbaars as ek net 'n Netflix-sessie noem.  ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.