Kom ons begin ’n groen revolusie, maak geld en gee werk

BULLETIN

Kom ons begin ’n groen revolusie, maak geld en gee werk

NUUSBULLETIN: 14 DESEMBER 2020

AS ’n konserwatiewe regeringsleier met ’n allergie vir politieke korrektheid en modegiere soos Brittanje se Boris Johnson sê klimaatverandering is veel meer vernietigend as die Covid-19-pandemie, dan kan jy dit maar glo. Hy word deur van die beste wetenskaplikes ter wêreld raad gegee en dit is wat hulle vir hom sê.

Klimaatverandering het skielik weer die hoofnuus in die wêreld geword. Daar is nou ’n entstof teen Covid-19 en alle redelike mense weet Donald Trump het die verkiesing verloor, so kom ons praat ’n slag weer oor die langtermyn-bedreigings vir ons planeet.

Die Verdrag van Parys van 2015 het die doel gestel dat aardverwarming onder 2°C gehou moet word, maar daar is nou genoeg getuienis dat kinders wat vandag gebore word, uiteindelik op ’n planeet sal moet leef wat minstens 4°C warmer is. Dit beteken op party plekke kan die dagtemperatuur soms tot oor 60°C word, wat onleefbaar vir mense en baie ander spesies sal wees. Dit beteken ook op pad na dié katastrofe gaan ons verskriklike droogtes, oorstromings en ander ekstreme weerpatrone ervaar wat oneindige menselyding tot gevolg kan hê...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.