Die nuwe super-slonsige zombie-spesie agter toe kamerdeure

DONDERDAG MET ADRI

Die nuwe super-slonsige zombie-spesie agter toe kamerdeure

NUUSBULLETIN: 4 FEBRUARIE 2021

Goeiemôre  vanuit 'n modderige, winterige, ingeperk-gryse Londen

Enigiemand wat al ooit 'n tiener in die huis gehad het of een selfs net as agter-agter-kleinniggie- of -nefie beleef het, weet hulle ontwikkel 'n spesiale vermoë om niksseggend te grom. Dat vol sinne onmoontlik is (behalwe wanneer hulle beter weet as hul stok-onnosele ouers, maar dis die onderwerp vir 'n heel ander storie). Dat dit 'n helse en knaende gesukkel is om hulle uit die bed en uit die kamer te kry. Dat elektroniese toestelle as't ware aan hul vingers vasgroei. Dat hulle vatbaar is vir aanlyn invloed. Dat hulle dieselfde hemp 'n week lank kan dra. 

Afhangende van waar in die wêreld jy jou bevind, is dit omtrent 'n jaar sedert skole toegemaak het in 'n poging om Die Virus hok te slaan. En in dié jaar, hoor ek by onderwysers en sien ek op aanlyn ouerforums, asook in my eie huis, is dit of al daardie tienereienskappe op steroïede gegaan het. Asof al daardie geite in sommige gevalle gemuteer het in 'n super-slonsige zombie-spesie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.