Die storie van die strand-hippies en die regse wingnuts

GEE GAS

Die storie van die strand-hippies en die regse wingnuts

NUUSBRIEF: 11 FEBRUARIE 2021

'N MENS het 'n effense idee in jou kop van hoe 'n QAnon (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-02-04-qanon--die-likkewaanbreine-prut-soos-lawa/)-volgeling lyk: ver-regs, nie vreeslik ver studeer nie, waarskynlik middelklas of onder, geniet braaivleis, drink bier, skrik nie vir carbs nie, glo nie helemal in wetenskap nie en is 'n aanhanger van 'n vorm van Christendom. En as hulle in Suid-Afrika bly, is hulle waarskynlik Afrikaans en woon in Pietersburg (beslis nié Polokwane nie) of iets dergeliks.

Maar die laaste paar naweke se betogings op die Kaap se suidelike strande het 'n ander tipe mens gewys wat daai Kool-Aid gedrink het: die diep Engelse wellness-brigade.

Die eerste keer wat ek besef het die regses en die blommekinders het mekaar gevind, was toe my crystals-and-lentils vriende begin praat het van die “9/11 conspiracy" (dit was nie Al-Kaïda nie, of dit het glad nie gebeur nie) so rondom 2007. Ek was gewoond aan dié soort praatjies van die mal regses wat laataand inbel na die Afrikaanse koerante se nagkantore, nie van diegene na aan my hart nie. Die fliek Zeitgeist (as jy dit nog nie gekyk het nie, moenie) het die samesweringsteorie-samewerking, ten minste in my kringe, afgeskop. Die reeks van drie “dokumentêre" rolprente is 'n smorgasbord van samesweringsteorieë wat soos 'n veldbrand op memory sticks in jogaklasse en organiese koswinkels versprei is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.