Oor ’n goeie Gupta, briewe in die see en hoe Twatt ons help...

GEE GAS

Oor ’n goeie Gupta, briewe in die see en hoe Twatt ons help om Kitchener te onthou

NUUSBRIEF: 18 FEBRUARIE 2021

Dagsê!

Ek het iewers gelees – dit kon op 'n bordjie buite die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein gewees het – dat die aartskolonialis min of meer bekend as “lord Horatio Herbert Kitchener, 1st Earl Kitchener, Knight of the Garter, Knight of Saint Patrick, Knight of the Bath, Order of Merit, Knight Grand Commander, Knight Grand Cross of the Order of St. Michael and St. George, Knight Grand Commander, Baron of Khartoum" ná die Anglo-Boereoorlog op sy terugvaart na Engeland al sy persoonlike korrespondensie oor die oorlog in die see gegooi het. Amper asof die vader van die verskroeide-aardebeleid geweet het dié briewe sou 'n selfs verdoemender oordeel oor sy nalatenskap fel. 

Baie jare later, op 5 Junie 1916, was Kitchener as minister van oorlog aan boord van Her Majesty's Ship Hampshire wes van die Orkney-eilande op pad na Rusland toe die skip vermoedelik 'n Duitse myn getref en gesink het. Kitchener was een van iewers tussen 640 en 740 mense aan boord wat omgekom het, maar sy lyk is nooit gevind nie, wat tot allerlei vrae gelei het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.