Daar is twee soorte belangrike mense ...

SPEK EN EIERS MET ANNELIZE

Daar is twee soorte belangrike mense ...

NUUSBRIEF: 18 APRIL 2021

Goeiemôre!

Een van die groot plesiere van werk by Vrye Weekblad is dat dit my af en toe die geleentheid gee om met iemand te gesels wat ek regtig bewonder, en met mense uit elke hoek van die samelewing. Sjefs soos Kobus van der Merwe (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2020-07-30-wolfgat-die-restaurant-aan-die-einde-van-die-wreld/) van Wolfgat in Paternoster en Bertus Basson (https://www.vryeweekblad.com/lewenstyl-en-kos/2019-11-21-bertus-basson-bring-boktrots-na-die-tafel/) van Eike in Stellenbosch. Jong mense vir wie mens maar jou hoed mag afhaal soos Rachel Kolisi (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-01-23-rachel-kolisi-spiere-van-staal-en-n-sagte-hart/), die skrywer Mia Arderne (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-09-10-mia-arderne-die-swart-swaan-wat-jy-nie-sien-kom-het-nie/), MasterKG (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-07-30-jerusalema-n-gaan-ons-dans/) wie se gospeltreffer Jerusalema die wêreld te midde van die pandemie aan die dans gekry het, en Sugan Naidoo (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-01-21-sugan-naidoo-die-statistikus-van-twitter/), die jong wiskunde-onderwyser van Durban wat al vir meer as ’n jaar Suid-Afrikaanse Twitter-gebruikers daagliks op die hoogte hou van Covid-statistieke.

Laas jaar het ek en my agterkleinneef die haarkapper Jaypee Malherbe (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2020-08-06-jaypee-malherbe-ma-grieta-se-legendariese-seun/) ’n plesierige lockdown-reunie via WhatsApp gehad, en onlangs het ek Jan van der Merwe (https://www.vryeweekblad.com/gesondheid-en-omgewing/2021-03-11-bang-vir-beroerte-n-boer-maak-n-plan/) leer ken, wat ’n omwenteling in beroertesorg by hospitale oor die wêreld heen bewerkstellig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.