Oor dankbaarheid, verlies en nuwe planne

SATERDAG MET ANNELIESE

Oor dankbaarheid, verlies en nuwe planne

NUUSBRIEF: 15 MEI 2021

Goeiemore liewe vriende

Dit gons hier by ons by Vrye Weekblad. Ons het allerhande heerlikhede wat op ons intekenare wag. Ons werk aan 'n reeks webinare waar ons gaan saamkook en saampraat oor alles en nog wat – van geld tot kos, van eensaamheid tot ouers-oppas, van cocktails maak tot boeklees (stel julle belang?). Ons probeer dit nog alles lekker uitwerk, maar ons VWB-familie gaan binnekort lekker saamkuier. Max maak nou al grappies oor #Vroueweekblad. Ek hou julle op die hoogte!

Maar nou gaan ek net eers nog 'n bietjie hier lê en kyk hoe die son stadig deur die takke van die koraalboom buite my venster deurstoot. En dan gaan ek luister hoe die wewervoëls begin lawaaimaak in die koejawelboom. En hopelik bring my man vir my in 'n stadium 'n teetjie in my gunsteling-glasteepot – daar ís iets soos 'n spesiale Saterdag-teepot!..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X