Hoe gemaak met ras en die media?

’N HOT NOOT MET HEINDRICH

Hoe gemaak met ras en die media?

NUUSBRIEF: 1 JUNIE 2021

Hallo julle

Die plan was dat ek vanoggend, terwyl julle hier lees, ’n lesing oor “ras en media” vir die honneursstudente in die joernalistiekdepartement by die Universiteit Stellenbosch sou lewer. Omstandighede het egter veroorsaak dat ek toe die besoek moes uitstel – ’n kollega by een van die plekke waar ek my brood in die sweet van my aangesig verdien (of hoe nou weer?), self-isoleer tans nadat sy met ’n Covid-positiewe geval kontak gehad het en ek is gevra om vir haar in te staan.

Maar wat sou ek vir die studente te sê gehad het as ek wel vanoggend met die lesing kon voortgaan? Ongetwyfeld sou ek nie ’n tekort aan gevallestudies oor ras en die media se hantering daarvan gehad het nie. Dit geld ook ervarings van ras, rasseverhoudinge en rassisme binne die mediawêreld vir dié van ons wat ons daar bevind...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.