Oor ons Suid-Afrikaanse familie, G&T’s en julle bakkie-stories

SPEK EN EIERS MET ANNELIESE

Oor ons Suid-Afrikaanse familie, G&T’s en julle bakkie-stories

NUUSBRIEF: 6 JUNIE 2021

Goeiemôre liewe vriende

Die laaste paar keer toe die president sy “familievergadering" gehou het, was daar iets wat ernstig aan my begin krap het. Maar dit was eers hierdie week, toe ek met my ouers in die inentingstou hier in Oos-Londen staan, dat ek my vinger kon lê op presies wat dit is wat my so pla.

My ma-hulle het die vorige dag die SMS'e gekry en ons was seweuur daar by 'n Dis-Chem-inentingspunt. Daar was reeds 'n lang tou mense – almal netjies op stoele wat deur 'n leë winkelperseel gekronkel het. Ons is vriendelik by die deur gegroet en aangesê wat om te doen. Daar was 'n span jongmense wat op en af beweeg het om die ouer mense te help om die vorms in te vul. Ek het my bril by die huis vergeet en moes om hulp vra. Mbulelo het flink nader gestaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.