Uit-ein-de-lik! Sluit hom op!

’N HOT NOOT MET HEINDRICH

Uit-ein-de-lik! Sluit hom op!

NUUSBRIEF: 29 JUNIE 2021

Dagsê julle

Dit is my wens dat vandag ’n goeie dag vir reg en geregtigheid en die oppergesag van die gereg en die 25-jarige viering van die Grondwet (Wet 108 van 1996) as die hoogste wet van die land sal wees. Want uit-ein-de-lik sal die die Konstitusionele Hof – ná drie maande se wag – uitspraak lewer oor of oudpres. Jacob Zuma homself skuldig gemaak het aan minagting van einste dié hof.

Indien die hof beslis dat dit nié die geval is nie – bid jou dit aan! – sal hy rustig met sy lewe kan voortgaan (of dalk nie) en homself verder staal teen die bedrogklagte wat hy ook nog in hierdie tye trotseer, die klagte wat te doen het met die wapenskandaal van die laat 1990’s. Ook in dié saak is hy vintage Beskuldigde Nommer Een: Gebruik enige truuk in die wetboek om uitstel bó uitstel met die hoop op uiteindelike áfstel te probeer bewerkstellig...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X