Ons hart is waar ons huise is

SONDAG MET ANNELIESE

Ons hart is waar ons huise is

NUUSBRIEF: 08 AUGUSTUS 2021

Goeiemôre liewe vriende

Ek dink baie aan wat ek glo 'n universele verlange is – om 'n tuiste te skep. In 'n stadium het ek selfs gewerk aan 'n idee vir 'n boek daaroor. Ek het gedink om mense in hulle huise te besoek – in dorpe, en stede, op plase en in informele nedersettings en te praat oor wat van hulle huise hulle gelukkig maak. Ek glo dat as ons mekaar se versugting na 'n tuiste kan verstaan, sal ons menseverhoudings transformeer. Want dit lê diep in ons gedeelde menslikheid, die drang om 'n veilige hawe te skep waar ons dié wat ons liefhet, kan koester en veilig hou.

Daar is drie huise hier waar ek woon wat my fassineer. Die onderdorp van Oos-Londen is vreeslik verwaarloos – die teenoorgestelde van yuppifikasie – soos mense wat kon, na meer gegoede gebiede getrek het. Maar hier en daar is 'n huis wat stil en trots staan tussen die lamlendigheid en verwaarlosing...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.