Skape wei en vlerke sprei, maar is dit nuus?

'N HOT NOOT

Skape wei en vlerke sprei, maar is dit nuus?

NUUSBRIEF: 24 AUGUSTUS 2021

Dagsê julle,

Die land is toe níé gister deur ’n “nationwide shutdown” of ’n nasionale stilstand op die knieë gedwing nie, of ten minste nog nie teen die tyd dat hierdie nuusbrief afgehandel is nie. Terwyl ek hieraan geskryf het, was daar egter geen rede om te glo dat dit wel sal gebeur nie: TV-verslaggewers was wel “op die grond”, maar kon net by herhaling in regstreekse oorskakelings rapporteer dat alles stil was, “it’s business as usual” en dat lede van die weermag en die polisie sigbaar is en die situasie monitor.

Die weermag en die polisie sou hulleself nie hierdie keer weer mislei deur hulle af te vee aan waarskuwingstekens dat geweld en oproer onderweg was – soos hulle in die aanloop tot die Julie-plundertog in KwaZulu-Natal en Gauteng gedoen het nie. Hierdie keer was hulle paraat, mêrrim; op hulle pos, ou pêllie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X