Tussen-die-boom-en-die-bas-Boris se seder is besig om kwaai oor te hel

O DONDERDAG

Tussen-die-boom-en-die-bas-Boris se seder is besig om kwaai oor te hel

NUUSBRIEF: 7 OKTOBER

Dagsê

Op ’n bewolkte Sondagoggend in St. Mikes Book Exchange & Sales in Shelly Beach aan die KwaZulu-Natalse Suidkus is dit nie moeilik om jou in te dink jy is eintlik iewers in Skotland of Engeland nie: plekke in die omgewing het name soos Margate, Ramsgate, Scottburgh, Munster, Glenmore, Glencoe. Verder noord is daar ’n Dundee en ’n Balgowan, en só gaan dit aan.

St. Mikes is nie van die nuwe soort boekwinkel met glasvensters en ’n elektroniese inventaris waar gretige jong aspirant- literêre tipes binne oomblikke kan bevestig dat hulle nog nooit ’n kopie gehad het van wat jy ook al soek nie, en waarskynlik ook nooit gaan hê nie. Nee, by St. Mikes tref ’n mens op so ’n Sondag ’n enkele verkoopsdame aan wat jou heel moontlik sal aanrand as jy haar ’n verkoopsdame sou noem. Sy is verdiep in haar eie boek, en lyk telkens effe gesteurd wanneer die soveelste nuwe besoeker inkom en wil weet waar dit of dat is. “We don’t have a system, unfortunately,” sê sy keer op keer, “but most of the books are arranged alphabetically according to the surname of the author.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.