Goeie môre
Ek is reeds teen eerste lig gister op stemdag by die uitslagsentrum in Tshwane. Maar duidelik nie vroeg genoeg om voor Jesse Duarte gesig te wys nie. As deel van die media-kontingent word ek soos 'n onseker Afrikanerbees gerangeer na 'n ingang êrens diep suid. Duarte, in madeliefie-geel en skakerings van groen krimpelien, maak gebruik van 'n meer onmiddellike ingang, en sy kry letterlik 'n rooi tapyt om die politieke arena te betree. Luthulihuis-adel.
Die OVK het duidelik nie 'n sent probeer bespaar op die geleentheid nie. Die ontbyt is op die huis en vyfster. Die internet vinnig en die toegangsreëlings burokraties maar soomloos. 'n Vrou neem my temperatuur en verklaar my “hot” op 36.3 °C, wat my al die selfvertroue gee wat ek vandag nodig het. In my gemoed vrees ek dat Herman Mashaba ook by haar skandeerder gaan verbyloop, want haar aksent klink baie soos dié van 'n migrant uit Wes-Afrika. Op die onderste vloer is 'n koffiemasjien wat cappuccino’s maak, gratis en verniet! My Skepper leef, dink ek ná die derde koppie in 20 minute...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.