Hallo julle
My broer Russel is besig om kassies en rakke in te bou in die ses-by-vier-meter-eenheid wat ek vir myself op die jaart gebou het by die huis wat eens ons familiehuis was. Maar my broer kry nie klaar nie. Die mense van die buurt praat al lankal oor hom wat begin met werk by hulle en sy tyd vat.
Jy moet hom gedurig gaan soek en bel om te hoor waar hy is en wanneer hy dan nou die werk kom klaarmaak, maar die mense gló in hom en die werk wat hy moet kom klaarmaak. Hulle wil niemand anders daar hê nie. Dit is hoekom hy in aanvraag is. Dit is hoekom hy oorstap na ’n buurvrou of -man in dieselfde straat of elders in die buurt wanneer hy by jou besig is, en die buurvrou of -man vra hom om “gou” iets te kom doen vir hulle...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.