Ek sal vir jou skree teen 200km/h, Ungo-Potsy QuaMall O’Teen-He!

O DONDERDAG!

Ek sal vir jou skree teen 200km/h, Ungo-Potsy QuaMall O’Teen-He!

NUUSBRIEF: 9 DESEMBER 2021

Dagsê!

Ek moet bieg ek het eers die afgelope seisoen agtergekom Formule 1 is weer kykbaar. Trouens, dis dramaties, mededingend, glamorous soos kan kom, opwindend, onvoorspelbaar, en gevaarlik, soos dit hoort. Lewis Hamilton en Max Verstappen het presies dieselfde getal punte voor Sondag se beslissende Grand Prix in Abu Dhabi, en daar is 'n menigte maniere hoe die twee mekaar kan probeer bedonner om 2021 se wêreldkampioen te word.

My nuutgevonde fassinasie met Formule 1 het baie te doen met die plofbare stryd tussen Hamilton en Verstappen, hoewel ek nie veel erg het aan enige van die twee nie; Lewis is 'n ou goody-two-shoes en Max gaan tekere soos 'n gemoedsbewolkte tiener wie se onbetwisbare talent nie altyd opmaak vir sy swak oordeel in die hitte van die oomblik nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.