Nóg ’n Radebe oorrompel die Engelse (vat so, rooilys!)

DONDERDAG MET ADRI

Nóg ’n Radebe oorrompel die Engelse (vat so, rooilys!)

NUUSBRIEF: 16 DESEMBER

Goeie Donderdag, vriende

Vandag, in die lig van absurde rooilyste wat kom en gaan en 'n skaamtelose Britse aanspraak dat húlle die wêreld oor Omicron gewaarsku het (wat de hel, Sajid Javid? (https://twitter.com/rugby_ap/status/1470800523368574986)), het ek gedink dit is goed om te skryf oor hoe nog 'n Radebe van Suid-Afrika die Engelse nou oorrompel het.

Eers was daar natuurlik die wonderlike Lucas, eertydse Kaizer Chiefs-speler, oudkaptein van Bafana Bafana en een van die grootste helde wat die klub Leeds United ooit opgelewer het. Toe Lucas Radebe in 1994 in Leeds aankom, was dié noordelike stad in West Yorkshire bekend as een van die mees rassistiese plekke in Engeland. Dit was 'n geslote gemeenskap, met 'n aksent so sterk dat ander Engelse dikwels sukkel om dit te verstaan, laat staan nog buitestanders. Daar was bitter min, indien enige, swart toeskouers in die tuisstadion, Elland Road. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.