Verantwoordbaarheid so skaars soos ’n tweedehandse doodskis

DINSDAG MET ANNELIESE

Verantwoordbaarheid so skaars soos ’n tweedehandse doodskis

NUUSBRIEF: 4 JANUARIE 2022

Goeiedag

Hier staan ons op die drumpel van 'n blinknuwe jaar. Ek wou met my eerste nuusbrief van 2022 wegspring met 'n opgewekte wekroep tot positiwiteit, maar die simboliek van ons parlement wat in vlamme staan het my tot introspeksie geruk.

Ons weet in hierdie stadium nie veel van die man wat in hegtenis geneem is nie. Blykbaar is hy 'n “gewone mens" (daarin lees mens dat geen politieke motief vermoed word nie). Ons weet ook nou dat daar geen veiligheidspersoneel aan diens was nie, en dat die rookalarms dus vir hulleself musiek gemaak het. Die parlement se brandsproeiers het boonop nie gewerk nie. Dit is vir my erg verdag dat 'n sogenaamde “gewone" brandstigter eenvoudig deur 'n venster kon klim om dan ongestoord te werk te gaan om die parlement in puin te lê. Dit is óf 'n geval van slapgat bestuur van die parlement (erg genoeg), óf daar is iets meer sinister aan die gang. Ons sal eers meer weet wanneer die Valke hulle ondersoek afgehandel het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.