Boekefees: ‘My brein het weer asem gekry’

SONDAG MET ANNELIESE

Boekefees: ‘My brein het weer asem gekry’

ANNELIESE BURGESS vertel meer oor hoe Vrye Weekblad se eerste boekefees in Stilbaai verloop.

Goeiemôre liewe vriende

Dit is Saterdag net voor middernag hier op Stilbaai. Ek skryf solank my nuusbrief vir môre, want ons moet vroeg begin met die voorbereidings vir ons laaste kuier van die naweek, die keer by die lieflike Matchbox-restaurant hier vlak onder waar ek vanaand oorslaap by die fabelagtige Elna van der Merwe – een van Vrye Weekblad se #boeksusters en die sameroeper van ons Stilbaai-boekefees.

My hande is rooi van beet skil. Die beetpiekel sal môre by ons kookdemonstrasie voorgesit word saam met Lientjie Wessels se gorgonzola-kaaskoek. Ons het vanaand twee daarvan gebak. Vroeg-vroeg môreoggend moet nog twee in die oond. Die kosskrywers Marinda Engelbrecht en Lientjie Wessels gaan, in ons laaste hoera van die boekenaweek, twee geregte elk demonstreer by ’n ontbytsessie waarmee ons ons hoogs suksesvolle eerste boekefees afsluit...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.