Oor goed oudword en die dood

DONDERDAG MET ADRI

Oor goed oudword en die dood

As jy oud is, kan hare uit jou neus en ore spruit en jy kan truie met gate in dra en pantoffels met ritssluiters. Of soos 'n opgestopte worsie lyk in lycra en nie 'n hel omgee nie, skryf ADRI KOTZÉ.

Goeie Donderdag!

Ek is nie ’n aanhanger van die televisie-aanbieder Jeremy Clarkson nie. Wanneer my seuns Clarkson’s Farm of The Grand Tour of ou episodes van Top Gear kyk, maak ek ’n punt daarvan om my oë so hard te rol dat hulle my oogkaste kan hoor kraak.

Dis miskien oor ek vermoed hy is selfvoldaan en bombasties en beterweterig. Dalk is ek net nie ’n petrolkop nie. Maar die afgelope week het Clarkson so sensitief en nadenkend in die Britse Sunday Times (https://www.thetimes.co.uk/article/jeremy-clarkson-on-growing-old-and-his-fear-of-death-qffqcl89z)geskryf oor om ouer te word en sy vrees vir die dood dat ’n soort van ’n wasigheid ’n geknipper veroorsaak het en daar nie die geringste kans was vir enige oog om te rol nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.