Sê jou sê oor Vrye Weekblad

GESELS MET ONS

Sê jou sê oor Vrye Weekblad

Neem deel aan ons kort opname en sê vir ons van watter inhoud in Vrye Weekblad jy hou.

Image: 123RF/NIROWORLD

HIER is jou kans om vir ons te sê wat jy van Vrye Weekblad dink!  

Ons het 'n kort vraelys saamgestel om 'n idee te kry van die soort inhoud waarvan jy hou, waarvan jy nie hou nie, waarvan jy meer wil sien, en wat jy dalk nooit eens lees nie. Wat is vir jou lekker? Waarmee kan ons beter vaar, en waarmee moet ons sommer heeltemal ophou?

Wat lees jy eerste as die nuwe uitgawe van Vrye Weekblad op 'n Woensdag- en Vrydagoggend verskyn? Wie se stories lees die lekkerste? Op watter toestel lees jy ons? 

Wat dink jy van ons webwerf en ons app? Is dit maklik om in te teken en ingeteken te bly?

Dit neem net 15 minute om die vraelys te voltooi, en daar is R1,000 te wen vir een leser wat dit voltooi.

>> Klik hier om deel te neem.

Groete

Die Vrye Weekblad-span

Speech Bubbles

Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.

Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.