Depp vs. Heard: Die histeriese stan-kultuur wat ook ons...

DONDERDAG DIREK MET ADRI KOTZÉ

Depp vs. Heard: Die histeriese stan-kultuur wat ook ons politiek beduiwel

Waarom op aarde raak mense so gemesmeraais deur hulle helde dat hulle bereid is om soos 'n trop evangeliese wildehonde enige gewaande vyand uitmekaar te skeur, vra ADRI KOTZÉ.

Goeie Donderdag, vriende

Van die hofsaak waarin die akteur Johnny Depp die akteur Amber Heard vir $50 miljoen dagvaar, hardloop ek so ver as moontlik. Ek het nie die regte woorde om my afsku in geweld en teistering sterk genoeg uit te druk nie, maar ek dink nie die twee se openbaring van vuil wasgoed, wat glo regstreeks vanuit die hof gestroom word, is óf belangrik óf sappig nie.

Al wat ek kan doen, is om met Drew Barrymore – wat darem self hard gemaal is deur roem – saam te stem. “Dis soos ’n laag malligheid, sewe lae indompeling van waansin,” het sy gesê met verwysing na die Mexikaanse voorgereg genaamd Seven Layer Dip, wat gewoonlik bestaan uit swart olywe, suurroom, kaas, tamaties, groenuie, guacamole en fyngedrukte blikbone. “Ek weet hierdie is twee mense se werklike lewe en ek weet hoe dit is as jou lewe in die openbaar tentoongestel word. Ek verstaan al die gevoelens, maar hulle dis al hierdie inligting op wat niemand hoef te geweet het nie. Dis gek!”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.