Die Beautiful Valley is nie meer nie

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Die Beautiful Valley is nie meer nie

ANNELIESE BURGESS raak hartseer oor die pragtige vallei aan die ander kant van die Gqunuberivier wat nou deur menslike littekens oorheers word.

Goeiemôre vriende

Net anderkant die sementbruggie oor die Gqunuberivier lê 'n lieflike klein vallei. Knus ingevou langs die rivier se rondings. Ruig met kwasterige wildevyebome en toringhoë euforbias. Geil gras en plate blosende wildedagga en seepaalwyne. Ek ry al nege jaar lank die langpad stad toe net sodat ek oor dié bruggie kan ry met sy vlietende blik op die rivier met sluiers van bome en riet. En die ongerepte splinter mooi aan die ander kant.

Toe my dogter klein was, het ek 'n verhaal opgemaak oor die wel en wee van die eekhorings wat in snoesige huisies tussen die wortels van die ou bome in die vallei gewoon het: The Tails of Beautiful Valley het oor jare ontwikkel met nuwe avonture en hoofstukke. Iewers het my dogter te groot geraak vir die verhaal. Die laaste wat ek onthou, was daar familietwis en was een lot op pad Madagaskar toe met 'n boot uit mieliestronke en piesangblare .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.