Dagsê vriende
Na die strand gaan ek byna altyd skoorvoetend. Waarom die huis verlaat vir ’n eindelose gestrompel deur ’n sandbak in die skroeiende son terwyl jy byna jou hele huis moet saamsleep – handdoeke, water, boeke, ete, sonbrandmiddel. Buitendien beteken strand byna altyd wind, of jy nou in Gqebera is of hier langs die Noordsee.
Miskien het ek so ’n weersin in sand omdat as tiener ’n tyd lank in Atlantis gewoon het – nóg een van apartheid-Suid-Afrika se mislukte sosiale eksperimente waar bruin mense almal op ’n hoop gegooi is. Hiér waai die wind altyd, die lig is alom bleek en die sand nie te ontsnap nie – dit klou aan jou skoensole as jy die huis binneloop, saans gaan jy daarmee slaap tussen die komberse en soggens skrik jy daarmee wakker in jou mond...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.