Vuur en geluk

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Vuur en geluk

ANNELIESE BURGESS sê niks kan haar bui so vinnig ten goede verander soos 'n vuur nie. En sy gee ook haar dit-en-dat-aanbevelings soos gewoonlik op 'n Sondag.

Goeiemôre

Ná ’n besonder moeilike dag gister kom ek tuis waar daar ’n suisende nat-hout-vuur in ’n trekkerwielvelling op ons stoep brand. Baie ou-teesakkies-in-paraffien later lek die vlamme uiteindelik in die donker en kan ek voel hoe dit my swaarmoedigheid wegbrand. (Die wyn het beslis ook bygedra.)

Buiten ’n klipharde weergawe van Elvis Presley se “Falling in Love with You” is daar niks wat my bui so vinnig kan verander soos ’n vuur nie. Soos ’n stoepvuur net vir die vlamme. ’n Vreugdevuur in die populierbos op Bannockburn. ’n Vuur vir souterige tjoppies en aartappels in foelie (met doringhout wat ons self bymekaar gemaak het) in die rivierloop op Koringhoek. ’n Bulderende kookvuur in die groot herd op Pringlebaai. ’n Marshmallow-vuur op die strand met fynhoutjies wat die kinders aandra. ’n Vroegaand-braaibroodjievuur in die middel van die week. ’n Forelbraaivuur langs ’n rivier in Barkly-Oos. ’n Vuur met vriende. ’n Alleen-voor-die-kaggel-vuur. Selfs die reuk van die bure se braaivleisvuur op ’n Sondagmiddag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.