Eet julle dik, protes-tantes van Nantes, want Parys is ’n mis werd

O DONDERDAG!

Eet julle dik, protes-tantes van Nantes, want Parys is ’n mis werd

Elke nou en dan sien mens weer iets van 'n ou Afrikaanse stryd: dié tussen noord en suid, skryf WILLEM KEMPEN.

Dagsê

Ons moes lank gelede op laerskool in Stellenbosch gereeld leer oor die Edik van Nantes, die dekreet van 1598 deur die Franse koning Henri IV (let's not call him Hendrik) om sekere regte aan die dwarstrekkende Protestantse minderheid in Katolieke Frankryk toe te staan en te beskerm. Die belangrikste rede vir sy besluit, of so sê die meeste historici, is dat Henri die sogenaamde Franse geloofsoorloë tussen die Calvyn-groupies en die pous-groupies wou stopsit. Dit het waarskynlik ook 'n groot rol gespeel dat Henri self 'n Protestant was voordat hy in die eg pragmatiese Franse tradisie 'n Katoliek geword het sodat hy die troon kon bestyg. Hieroor het hy glo gesê: “Paris vaut bien une messe." Dit beteken nié, soos mens dalk sal raai, “Parys is deesdae bietjie van 'n gemors nie", maar wel “Parys is 'n [Katolieke] mis werd" – waarmee hy bedoel het hy was bereid om 'n Katolieke gewoonte te aanvaar as dit dan die prys was wat hy moes betaal om koning te word.

Al hierdie dinge het vir ons op laerskool nie veel beteken nie. “Edik" was 'n snaakse woord wat klink soos “eet jou dik", en niemand van ons het geweet waar Nantes is nie, of enige selferkende Katolieke geken nie. (Vermoedelik was van die outjies in Bishops en Sacs en RônDeBôsh en so aan Katoliek, maar hulle algemene mislikheid het meer daarmee te doen gehad dat hulle Engels was, het ons gedink.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.