Hoe meer ons weet, hoe dommer word ons

MAANDAG MET MAX DU PREEZ

Hoe meer ons weet, hoe dommer word ons

MAX DU PREEZ wonder wat ’n jagter-versamelaar uit die antieke tye van Facebook sou gemaak het.

Goeiemôre vriende

Ek doen die laaste paar maande diepgaande navorsing oor die herkoms van die Boesmans en die Khoekhoen, ons subkontinent se oorspronklike mense, vir ’n komende boek. Dit vat my toe na grotte aan die Suid-Kaapse kus, soos Blombos buite Stilbaai, waar, volgens alles wat ons vandag weet, ons spesie die eerste keer so 100,000 jaar gelede goed begin doen het wat nie bloot op hulle fisieke oorlewing gemik was nie: Hulle het kuns en juweliersware begin maak.

Die begin, dus, van kultuur en spiritualiteit, die uitdrukking van sosiale, persoonlike en etniese identiteite, die kapasiteit om inligting buite die menslike brein te stoor. En dit hier aan die suidpunt van Afrika en nie, soos vele Westerse navorsers oor die jare verklaar het, in Europa of die Midde-Ooste nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.