Die staat slaag sy eie enigste toets: Dit kon baie, baie...

DONDERDAG-DIREK MET WILLEM KEMPEN

Die staat slaag sy eie enigste toets: Dit kon baie, baie erger gewees het

WILLEM KEMPEN het hom onlangs in die soort plek bevind waar regdenkende Suid-Afrikaners dit net waag as daar geen ander uitkoms is nie.

Dagsê

Die ongevalle-eenheid van ’n staatshospitaal is op die beste van tye nie die soort plek waar jy graag wil wees nie, laat staan nog op ’n koue Saterdagaand aan die einde van die maand rond. Maar as iemand vir wie jy omgee skielik begin sleg voel, nie ’n mediese fonds het nie, klaar ten duurste deur die dokter by Mediclinic gesien is en aangeraai is om die staat se gratis mediese hulp te gaan opsoek om opgeneem te word, dan vat jy haar maar soontoe.

Die pasiënt het dié aanbeveling met groot oë begroet; die betrokke hospitaal se reputasie is min of meer dat jy sieker daar gaan uitkom as wat jy ingegaan het, om dit sagkens te stel. Tog, probeer die privaat hospitaal se ongevalledokter haar gerusstel: Die mure daar is nou wel nie so mooi geverf soos hier nie, en die mense dalk nie so vriendelik nie, maar hulle sál jou help. Sy het nie die woorde “dis nie so erg as wat jy dink nie” gebruik nie, maar sy kon net sowel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.