Jy in jou klein hoekie, en ek in die een met die mikrofoon en...

O DONDERDAG!

Jy in jou klein hoekie, en ek in die een met die mikrofoon en die playlist

WILLEM KEMPEN murmureer oor die belangrikste nuusbron van ons tyd.

Dagsê

Ek is taamlik seker WhatsApp het vir die meeste van ons die belangrikste bron van onmiddellike nuus geword. Dalk nie ook van ontleding of interpretasie van wat gebeur het nie, maar daardie aanvanklike “nuuswenk” sien ons heel eerste op ons foonskerms.

So was dit ook verlede week toe ’n vriend van my ’n stukkie kommentaar aanstuur van nog iemand anders oor ’n voorval op die Potchefstroomse kampus van die Noordwes-Universiteit, hier af in die straat van my af. Dit was die eerste woord wat ek daarvan gehoor het, hoewel dit toe reeds nie meer vars nuus was nie. Ander mense het sonder twyfel ’n alternatiewe weergawe van dieselfde scoop op WhatsApp gesien wat ’n heel ander kant van die storie vertel, en intussen het die tradisionele media ook daaroor berig, mitsgaders alles wat dít inhou...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.