Oor charlatans, selfverryking en sistemiese korrupsie

MAANDAG MET MAX

Oor charlatans, selfverryking en sistemiese korrupsie

Julius Malema is geen kampvegter vir die gewone mense nie, en die leierskorps van die EFF het nou al oor en oor bewys dat hulle eerder in hulle eie welvaart belangstel, meen MAX DU PREEZ. Hy skryf ook oor hoe dit betáál om ’n misdadiger in Suid-Afrika te wees. En soos gewoonlik is daar vyf dinge wat jy vandag wil weet.

  • 14 November 2022
  • Daagliks
  • 8 min om te lees

Goeiedag!

1. Nkosazana Dlamini-Zuma en verskeie ander RET-leiers het die naweek op ’n vergadering van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC geëis dat pres. Cyril Ramaphosa weens die Phala Phala-skandaal opsy moet staan. Hy hou vol hy het geen wet verbreek nie, maar oudregter Sandile Ngcobo, voorsitter van ’n onafhanklike paneel wat deur die Speaker aangestel is, sal Donderdag verklaar of hulle glo daar is rede waarom hy in ’n staat van beskuldiging geplaas moet word.

2. Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, sê in ’n vreemde onderhoud met die Sunday Times se celebrity-spesialis, Aspasia Karras, dat sy ’n hoogs opgeleide soldaat met die rang van generaal is. Sy sê haar hart het gebreek toe die Sowjetunie ontbind is. “The Soviet Union was a huge land, all of it believing in the same principles and saying they were all one people.”..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.