Oor die Charlize-sage, ’n liefde vir Afrikaans, en die pyn van ...

MAANDAG MET MAX

Oor die Charlize-sage, ’n liefde vir Afrikaans, en die pyn van beurtkrag

MAX DU PREEZ mymer oor Afrikaans en Afrikaner-wees. Hy skryf ook oor beurtkrag en sê ons moenie ophou beswaar maak daaroor nie, maar ons sal daaraan gewoond moet raak. Soos gewoonlik is daar ook vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 21 November 2022
  • Bulletins
  • 13 min om te lees

Goeiedag!

1. Die aanklaer word die aangeklaagde. Die private forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het aanklagte teen oud-spookbaas Arthur Fraser by die polisie aanhangig gemaak dat hy aan dwarsboming van die gereg skuldig is. Fraser het die Phala Phala-skandaal op die lappe gebring, maar die meeste van sy aanklagte lyk na duimsuiery. O’Sullivan wil ook hê die polisie moet maj.genl. Wally Rhoode, die oudhoof van pres. Cyril Ramaphosa se veiligheidspan aan wie hy die diefstal van Amerikaanse dollar gerapporteer het, weens korrupsie ondersoek.

2. Die ANC maak môre bekend watter ANC-leiers deur watter takke vir poste in die top-ses van die ANC benoem is. Die verkiesingskonferensie begin op 16 Desember. Aanduidings is dat Ramaphosa deur agt van die land se nege provinsies benoem is. Intussen het die ANC-adjunkpresident, David Mabuza, opdrag gegee om aan ANC-parlementslede “rigting te gee” oor hoe hulle op regter Sandile Ngcobo se verslag oor die skandaal moet reageer...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.