5% afslag op die Rooi Gevaar in jou skoorsteen

WOENSDAG MET WILLEM

5% afslag op die Rooi Gevaar in jou skoorsteen

MAX DU PREEZ skryf oor die onskendbare beginsel dat almal gelyk voor die reg is; WILLEM KEMPEN vermoed Black Friday is 'n kommunistiese komplot; en vyf dinge wat jy vandag wil weet.

  • 23 November 2022
  • Bulletins
  • 8 min om te lees

Goeiemôre


1. Die ANC het die name bekend gemaak van almal wat volgende maand tot die party se top-ses verkies kan word. Vir president: Cyril Ramaphosa (2 037 benoemings) en Zweli Mkhize (916). Vir adjunkpresident: Paul Mashatile (1 791), Ronald Lamola (427) en Oscar Mabuyane (397). Vir nasionale voorsitter: Stanley Mathabatha (1 492), Gwede Mantashe (979) en David Masondo (501). Vir sekretaris-generaal: Mdumiseni Ntuli (1 225), Phumulo Masualle (889) en Fikile Mbalula (749). Vir adjunk-sekretaris-generaal: Nomvula Mokonyane (1 779) en Fébé Potgieter-Gqubule (905). Vir tesourier-generaal: Bejani Chauke (552), Pule Mabe (428) en Mzwandile Masina (348).

2. Saoedi-Arabië, wat 51ste op die internasionale sokkerranglys is, het vir die eerste groot verrassing van die Wêreldbekertoernooi in Katar gesorg deur Argentinië met 2-1 te klop. Ten spyte van die terugslag is Lionel Messi se span is steeds die gunstelinge om sokker se mees gesogte trofee te wen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.