Oor Kaunda se Speedo en die Springbokke se game plan (of nie)

WOENSDAG MET WILLEM

Oor Kaunda se Speedo en die Springbokke se game plan (of nie)

Die enigste warm ding omtrent Durban se oseaan is die E. coli-telling, skryf ANNELIESE BURGESS; WILLEM KEMPEN skryf oor een van die mooiste drieë van die Bokke wat hom as soms afvallige rugby-entoesias vasgenael gehou het; en dan is daar vyf goed wat jy vandag wil weet.

  • 30 November 2022
  • Daagliks
  • 7 min om te lees

Goeiemôre


1. Janusz Walus is in 'n stabiele toestand nadat hy gisteroggend deur 'n medegevangene met 'n mes in die maag gesteek is. Ooggetuies het aan News24 gesê daar is “politieke motiewe" agter die aanval. Die departement van binnelandse sake het vroeër beslis dat Walus nie na Pole gedeporteer sal word wanneer hy op parool vrygelaat word nie. Walus het reg op permanente verblyf in Suid-Afrika en mag nie gebruik maak van reisdokumente of ’n paspoort wat deur die Poolse ambassade uitgereik is nie. Hy moet sy parool in SA uitdien as deel van sy vonnis vir die moord op Chris Hani.

2. Vandag is die sperdatum vir die onafhanklike paneel wat moet bepaal of daar ’n prima facie-saak is om pres. Cyril Ramaphosa in ’n staat van beskuldiging te plaas. Regter Sandile Ngcobo se verslag word vandag bekendgemaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.