Gebede in my kerk van klippers en stilte

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Gebede in my kerk van klippers en stilte

ANNELIESE BURGESS gaan bid in haar katedraal in die veld, deel 'n gedig en ook 'n paar dit-en-dat aanbevelings oor wat om te lees, luister, kook en kyk.

Goeiemôre

Die mis lê gister oggend dik op Clarencerylaan tussen Pringlebaai en Gordonsbaai. By die brug by Rooiels lê die plaat water, wat uit die rivier op die strand uitsypel, soos 'n staalweerkaatsing in die sagte lig. Ek trek af op die boonste draai, waar die uitsig oor Valsbaai ontplooi.

Ek het vir my koffie in 'n termosfles saamgebring. As ek tyd het, hou ek daarvan om hier te stop en af te klouter na die groot klip met die oranje korsmos-kolle. Wanneer ek heengaan wil ek dat my as hier gestrooi word. Tussen die wit proteas en blombosse en die geruis van branders en die reuk van soutbamboes. Ek wil hê my dogter moet 'n plek hê waarheen sy kan kom as sy my mis. 'n Plek van gedeelde herinnering. Soos ek het met my ouers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.