Sweedse frikkadelle by Ikea in die middel van ’n groen geveg

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Sweedse frikkadelle by Ikea in die middel van ’n groen geveg

Steun vir groen en linkse partye neem in die Noorse lande toe, anders as in Frankryk en Duitsland, skryf ANESCA SMITH. En daar is weer sewe dinge wat jy vandag wil weet.

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Ernstige gesprekke het nog nie onder die lede van die regering van nasionale eenheid begin oor die samestelling van die nuwe kabinet nie, het ANC- sowel as DA-leiers aan Business Day gesê. Die nasionale uitvoerende gesag word ontbind sodra Cyril Ramaphosa môre as president ingehuldig is, en nuwe ministers sal aangestel moet word om 'n funksionele regering te verseker. Tradisioneel word die kabinet aangestel kort nadat die inkomende president ingehuldig is, maar die Grondwet stel geen voorskrifte oor wanneer dit moet gebeur nie.

2. Die nuwe DA-LP Renaldo Gouws het op X onder skoot gekom oor 'n samestelling (https://x.com/HermanMashaba/status/1802652406968173019) van 'n klompie dinge wat hy oor die jare kwytgeraak het. Sommige daarvan was lank gelede toe hy nog 'n junior lid van die DA was, maar hy het nie gister in sy reaksie die indruk geskep dat hy dié soort goedkoop politiek agter hom wil sit nie. Herman Mashaba van ActionSA het tereg gevra: Is this a member of Parliament of the Republic of South Africa?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.