Trump kraai nadat hof sê oor immuniteit; nuwe seks-era begin...

DINSDAG MET ANESCA SMITH

Trump kraai nadat hof sê oor immuniteit; nuwe seks-era begin in Nederland

Instemming tot seks is nou uitdruklik deel van die wet in Nederland, skryf ANESCA SMITH. En soos gewoonlik is daar weer sewe goed wat jy vandag wil weet.

  • 02 Julie 2024
  • Daagliks
  • 6 min om te lees

7 goed wat jy vandag wil weet


1. Die Amerikaanse hooggeregshof het vir die eerste keer beslis dat voormalige presidente absolute immuniteit het teen vervolging vir  amptelike dade, maar geen immuniteit vir nie-amptelike dade nie. Die hof het dit na laer howe terugverwys om te beslis oor die onderskeid en oor hoe presies dit Donald Trump se moontlike vervolging weens die oproer van 6 Januarie 2021 kan raak, maar dis onwaarskynlik dat dié saak voor die verkiesing sal kan voortgaan. Die hooggeregshof se drie “liberale" regters, Sonia Sotomayor, Elena Kagan en Ketanji Brown Jackson, het teen die beslissing gestem. Sotomayor het in haar minderheidsuitspraak gesê: “Today’s decision to grant former Presidents criminal immunity reshapes the institution of the Presidency. It makes a mockery of the principle, [which is] foundational to our Constitution and system of Government, that no man is above the law.”

2. Pres. Joe Biden se familie het hom oor die naweek by Camp David aangemoedig om nie aan die stryd om die presidentskap te onttrek nie, te midde van sprake dat vooraanstaande Demokrate agter die skerms werk om 'n alternatiewe kandidaat aan te wys, het AP berig...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.