My oomblik van yūgen en ’n introspeksie oor jag

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

My oomblik van yūgen en ’n introspeksie oor jag

ANNELIESE BURGESS moes diep dink oor die winterjag op hulle familieplaas en ervaar 'n oomblik van yūgen. En sy sê sy sou weer haar gebruiklike aanbevelings bymekaargetrek het as dit nie was vir die toetsrugby nie. En die Springbokke! Volgende week maak ons weer so. Maar vir nou wil sy net daardie geniale beweging van Cheslin Kolbe onthou.

Goeiemôre

Dit is Arkties koud hier op die plaas, waar ek, my drie boeties en al ons kinders hierdie week ons familietradisie van 'n wintersaamtrek voortgesit het. Vanoggend was die waterpype gevries. My boer-broer het gisteraand gewaarsku dat die kwik gaan tuimel en ons het 'n emmer water uitgetap. So, daar was darem koffie vir die koue vanoggend, alhoewel ek letterlik met 'n mus en jas kombuis toe is. (Ek bly verstom oor my ma se aalwyne en strelitzias wat voortblom in die knus mikroklimaat van die beskermende inham buite die kombuisventer – oranje vlamme in die andersins gestroopte wit winterlandskap.)

Hoe ouer ek word, hoe meer betekenis hou hierdie familietyd vir my in. Noudat my ma en pa nie meer hier is nie, is die feit dat ons volgende in die sterflikheidslyn is in skerp reliëf. Ons praat gister oor hoe dankbaar ons is dat ons kinders, nes ons, dié spesiale sielsplek het, en dat hulle, nes ons, 'n diep verbintenis daarmee het. Dit is 'n baie kosbare geskenk wat ons ouers vir ons nagelaat het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.